Wind in haar seile
2009-05-28
DIE bobaas skipper, Calene Loubser van Hugenote Hoërskool, het besluit om vanjaar haar kragte saam met dié van Matthew Whitehead te span om saam hul land te verteenwoordig by die ISAF Jeug o.19 Węreldkampioenskappe. Die 15-jarige Calene, wat in 2008 die dogters o.15 Węreldkampioen geword het met ’n Hobie Cat Dragoon (14vt boot) op Langebaan, vertrek op 8 Julie na Brasilië, saam met haar spanlid van Sacs. Matthew (15) is tans die houer van die junior seunstitel. In ’n SA span bestaande uit ses o.19 roeiers, wat elk verskillende bote sal seil gedurende die węreldkampioenskappe, sal Calene en Matthew as ’n span meeding in ’n Hobie 16. Calene en Matthew se kwalifikasie vir die span het vereis dat hulle, bo en behalwe ander gereelde streeksdeelname, ’n eerste plek moes behaal tydens die junior SA kampioenskappe wat in Desember 2008 by Mosselbaai plaasgevind het. Hulle moes ook die beste juniors tydens die WP senior kampioenskappe wees, waar hulle eerste gekom het in die junior afdeling en derde algeheel. Oor Paasnaweek moes hulle in Durban in die finaal meeding in die senior Hobie Cat-16 kampioenskappe, waar hulle algeheel vyfde gekom het en derhalwe die eerste junior span was. Daar was 44 bote wat deelgeneem het, waarvan die tweede en derde junior spanne slegs in die 14de en 18de posisies kon eindig. Calene is tans ’n lid van Vogelvlei Seiljagklub naby Riebeek Kasteel.
More
News
|