Diens by die Munisipaliteit is skokkend
2009-05-28
AS getroue belastingbetaler laat dit my wonder of die inkomste-afdeling en die reinigingsdienste van die Drakenstein munisipaliteit met mekaar praat
Dit was duidelik met my besoek dat die een nie weet wat die ander doen nie.
Maar as dit by geld kom, word daar gou vir jou ’n rekening gestuur wat beide groepe self nie verstaan nie.
Ek wil nie eers praat van die ontvangs by sekuriteitsafdeling deur twee vroue sekuriteitsbeamptes nie.
Hulle is uiters onpersoonlik en het nie ’n idee hoe om professioneel op te tree teenoor die publiek nie
Gedurende Mei 2008 reeds het ek ’n skrywe gerig aan die Munisipale bestuurder met die hoop dat my rekening, wat verkeerdelik gehef was, reggestel moet word.
Maar sonder sukses
Opgewonde was ek toe die vullisverwyderingsbeampte my besoek September 2008
Eers, na vele telefoniese oproepe, bevestig ’n beampte van die inkomstekantoor telefonies dat die rekening reggestel is na aanleiding van die bewys wat deur die genoemde beampte ingehandig was
Jammer om te sê, maar dit het nie daar opgehou nie. Maande het verbygegaan waar ek verplig was om weer kontak te maak met al die rolspelers soos reeds genoem,
Daar is aan my genoem dat die betrokke beampte wat die regstellings moet doen, met langverlof is en dat ek maar weer moet skakel
Intussen kontak ek ’n vroue beampte wie dan die versekering weereens gee dat die regstelling gedoen kan word, maar dat dit eers ná Junie 2009 sal wys, ná die boeksluiting.
Dit het weereens nie daar opgehou nie. Die naweek gedurende 22-24 Mei 2009, ontdek ek dat daar ’n vlaggie op die rekening was, wat my beperk tot ’n minimum van so min as 1% elektrisiteit
Watter gemors. Die noodnommer is nie van hulp nie. Die nommers wat wel beskikbaar is antwoord nie, maar hulle word bystand betaal
Net as jy dink jy vorder, dan word jy van bakboord na stuurboord verwys
Dalk moet die munisipale personeel met mekaar praat. Dan sal dienslewering, soos belowe tydens die verkiesing, reg geskied
Nie eens die beampte wat die data inhandig, weet waarvan hy praat nie, maar aanvaar dat daar dalk meer as een drom verwyder word
Gaan ervaar eerstehands hoe jy as belastingbetalers behandel word
Ek kan nie anders as om ’n spesiale pluimpie aan mnr Jacques Lategan (kredietbeheer-afdeling) te gee nie, by wie ons op die ou einde beland het. Hy verstaan definitief die woord “dienslewering”.
Geskokte belastingbetaler
The Municipali spokesperson replies: During the Data Cleaning Process the personnel from the data cleaning team went with the refuse truck to all areas of Drakenstein.
In Pelikaan Street, Erf 7395, Wellington, it was noted that 2 x Black Refuse Bins were put out for removal. It was further-more noted that the next week it had also been put out.
The record of Erf 7395, Wellington was changed from 1 removal to 2 removals. The additional levy was calculated and a letter was sent to the owner of the property.
It was then picked up that the owner had only taken ownership of the property since a specific date and a recalculation was done whereby a credit was submitted a few days later.
The issue here is about a private bin that was either purchased or a drum with-out a serial number removed from one property to another.
To solve this problem either the private drum had to be replaced by a Drakenstein drum and the other Drakenstein drum been taken in, or the drum without a serial number should be taken in.
Rectification on the account can only be done when this situation has been solved. Owners of properties are not allowed to transfer drums from one place to another or purchase private drums.
Drakenstein Municipality cannot administer every household as to know how many refuse bins are been put out. If an owner is billed for one refuse per week, he or she is not allowed to put out other drums as they wish.
More
News
|