Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier vas ná aanval op sielkundige

Vier vas ná aanval op sielkundige
 
2009-05-28


VIER jong mans het die afgelope week in die Paarl Landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord ná die aanval op ’n sielkundige in haar woning.

Mariana de Jager (51) is die nag van 15 Mei deur rowers in haar huis in Pleinstraat aangeval en verskeie kere met ’n mes gesteek.

Volgens ingeligte bronne is haar ruggraat beskadig tydens die aanval en is sy verlam gelaat.

’n Bebloede De Jager is eers Saterdagoggend in haar huis ontdek, nadat Paarl-Oos polisiebeamptes op haar verlate voertuig in Van der Stel-laan, Chicago, afgekom het.

Wat gelei het tot die arrestasies was bloot toevallig.

’n Man het die afgelope naweek by die Paarl-Oos polisie aangeklop nadat hy beweer het dat hy in Chicago beroof is.

Hy is saam met student-konstabels Newgent Green en Shaida Olifant om na die verdagte te gaan soek. Toe hulle hom in Chicago opspoor, het ’n stryery tussen die twee mans ontstaan.

Hulle het mekaar van ongerymdhede beskuldig, asook die aanval op De Jager.

Met hierdie beskuldigings het Green en Olifant se ore getuit, en die mans is na die polisiestasie geneem vir ondervraging.

Kort daarna het die verdagtes die polisie gelei na die skootrekenaar wat uit die woning van die sielkundige gesteel is, asook nog twee verdagtes.

De Jager se bankkaart is in een van die mans se besit gevind.

Een van die verdagtes was vermoedelik deel van ’n werkspan wat onlangs werk aan haar huis gedoen het. Conroy Appolis (21), Jodie Martin (20), Christiano Muller (25) en John Philander (21) is in hegtenis geneem.

Volgens bure was De Jager nog altyd ’n baie private persoon wat min gesien is, en ook nooit met haar bure gemeng het nie.

Sy sterk in die hospitaal aan.

* Three men were arrested after a brutal attack on a psychologist in Paarl.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za