Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boland Atletiek spog met sterk jeugspan

Boland Atletiek spog met sterk jeugspan
 
2005-03-17


DIE keurders van Boland Atletiek het na afloop van die Boland Jeug- en Junior byeenkoms ’n span van 63 atlete en ’n spanbestuur van sewe lede gekies om die provinsie by die SA Jeug en Junior kampioenskappe te verteenwoordig.

Die Boland Jeug- en Juniorspan vertrek reeds op 30 Maart na Germiston om seker te maak dat die atlete uitgerus is.

Die spanlede se prestasies lees almal meer as 800 punte op Boland Atletiek se APE-tabelle en is een van die sterkste junior atletiekspanne wat nog die Boland verteenwoordig het.

Volgens Richard Stander, uitvoerende hoof van Boland Atletiek, is die atlete almal oorgehaal om die SA-span te haal na die Wêreld Jeug Kampioenskappe wat in Julie in Marokko gehou word.
Die atlete kan ook tydens die SA Jeug- en Juniorkampioenskappe kwalifiseer vir die SA Jeug Spele wat in September in Durban plaasvind.

Die span is onder die afrigting van Raymond Julies en hulpafrigters Wilna Stander en Reani Willemse.

(Seuns o.20) Julian Thomas (100m, 200m), Dane Thomas (100m, 200m), Jason Malgas (100m, 200m), Craven Petersen (400m), Franco September (400m), Nathan Beukes (800m, 1500m), Garreth Maarman (800m), Jaco Roux (110mH), Regan Julies (VS) Hadley Visser (HS), Jody Daniels (HS), Zane Ocks (HS), Francois Germishuys (PS), Erick Kirsten (GS), Johan Kruger (HG), Jaco Bruwer (HG)

(Seuns o.18) Wilhelm v/d Vyver (100m, 200m), Dayne Lekay (100m), Gueron Kulsen (100m, 200m), Chatlin Smith (200m, 400m), Lance Hannie (200m), Wilfred Cooksen (200m), Marcelino Davids (800m), Henrico Rooi (3000m, 2000mH), Dewayne Mouries (3000m, 2000mH), Louw Smit (110mH), Keenan Watson (VS), Warren de Vlam (VS), Methwan Sauls (VS), Bevan Hendon (HS), Maurice Fisher (HS), Brandon Marren (HS), Henco Nienaber (PS), Gerhard du Plessis (PS), RJ Kellerman (GS), Victor Hogan (DG), Heinrich Gonzales (HG), Fernie Kitshoff (SG), Jacques Du Preez (SG), Grant Rosenburg (10000mS), Lorenzo Blaauw (10000mS)

(Meisies o.20) Marika Walters (100m), Greshan Adrianse (100m), Colleen Lesch (400m), Janine Visser (400mH), Kim de Wit (400mH), Sumarli du Plessis (HS), Lenca Lombaard (HS), Elizka v/d Merwe (HG), Karin le Roux (HG), Nicole Nel (SG).

(Meisies o.18) Stacey Gardiner (100m), Celeste Rietels (100m, 200m), Lalindei Keller (100m), Wenda Theron (100m, 200m, 100mH), Nikki Horn (100m, 200m), Nicola Loots (PS), Ilze Liebenberg (VS), Janita Stander (PS), Susan Groenewald (5000mS), Wilma Groenewald (5000mS), Jo-ann Williams (5000mS), Mariska Coetzee (5000mS).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za