Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Belastingbetalers moet vir alles opdok

Belastingbetalers moet vir alles opdok
 
2009-06-04


EK het die Raadsvergadering en die Begrotingsvergadering in die stadsaal bygewoon op 27 Mei en was geskok oor wat daar aangaan.

Kan jy glo dat daar 60 raadslede is? Ons moet betaal daarvoor!

Die ANC stel nie belang in die meriete van ’n saak nie en maak soos hulle wil, en ons as belastingbetalers moet betaal vir hulle onbeholpenheid.

Ná die raadsvergadering word daar eers sop ensovoorts aangebied en slegs die ANC het gegaan.

Ná die begrotingsvergadering word daar kos en drank aangebied en elke raadslid kry ’n geskenkpak wat lyk na twee bottels wyn en wie weet wat nog.

Hulle word betaal om ’n raadsvergadering by te woon. Ons moet vir al die uitgawes betaal.

Die ANC hou vol die eiendomsbelasting word met 7,5% verhoog, terwyl die gemiddelde vir die Paarl ongeveer 30% is. In Groenleegte is dit meer as 40% en in Groenheuwel is dit tussen 35% en 40%.

Dis nou kastig die mense na wie hulle moet omsien. Of word hulle gestraf omdat hulle nie vir die ANC gestem het nie?

In die swak ekonomie is dit juis dié mense wat eerste hulle werk verloor, want hulle is bloukraag werkers, bouers ensovoorts.

Volgende wat ek uitgevind het, is dat daar sekere besluite onder die nuwe wetgewing is wat die munisipaliteit al ’n jaar of twee gelede moes geneem het.

Dit is nie gedoen nie en blykbaar is die waardasies en die nuwe eiendomsbelasting dus ongeldig.

Dit is jammer dat hier nie ’n belastingbetalersvereniging is nie, want dan kon hulle optree.

Die instansies wat die waardasie gedoen het, het aan die munisipaliteit uitgewys dat die eiendomsbelasting verhoging nie 7,5% is nie, maar nader aan 30%.

Hoe kom hulle by 7,5% uit? Hulle voorstel is dat ons nie die verhoogde belasting betaal nie, want dit is misleidend en ongeldig. Ons as inwoners moet nou saamstaan teen hierdie onaanvaarbare toedrag van sake.

WH du Preez




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za