Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drakenstein-inwoners word bevark

Drakenstein-inwoners word bevark
 
2009-06-04


IN ’n finale poging tot politieke selfmoord wat net as bisar beskryf kan word, het die ANC en NPP raadslede met ’n skrale meerderheid van 31-29 die 2009/2010 begroting goedgekeur.

In die lig van die huidige resessie en die afranseling wat die ANC by die stembus op die lyf geloop het, gaan hierdie optrede die verstand te bowe.

Dit is asof die ANC as’t ware smeek vir ingryping deur die Wes-Kaapse provinsiale regering, om hulle van hul onbeholpenheid te kom verlos.

DA verteenwoordigers het by herhaling gewaarsku dat die gemiddelde verhoging in eiendomsbelasting van 7,5% wat aan die publiek en raadslede voorgehou is, nie die juiste syfer is nie.

Met steekproewe wat oor verskeie wyke in Paarl-Wes, Paarl-Oos, en Wellington gedoen is, is daar nou onteenseglike bewyse dat die gemiddelde verhoging in eiendomsbelasting tussen 28% en 30% is.

Volgens berekeninge wat gemaak is, is die verhoging in elektrisiteit ook te hoog.

’n Verhoging van 26,5% sou voldoende wees om die begroting te laat klop, terwyl die ANC ’n verhoging van 31% goedgekeur het.

Die grootste vergryp bly egter nog steeds die feit dat die waarheid van die publiek weerhou is.

Soos JR Ewing in “Dallas” gesê het: “Once you’ve lost your integrity, the rest is a piece of cake”.

Hierdie saak gaan nie daar gelaat word nie, dit sou pligsversuim wees. Inwoners kan ook appèl aanteken teen hul belastingverhoging.

Deetlefs du Toit, LP Drakenstein




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za