Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wie maak lekkerste boerewors?

Wie maak lekkerste boerewors?
 
2009-06-04


DIE Shoprite Checkers 2009 Championship Boereworskompetisie is terug en die soektog na Suid-Afrika se nommer een Boerewors het begin.

Die wenner van die kompetisie loop nie net weg met die Boereworskroon nie, maar sal ook wegry in ’n splinternuwe Toyota Hilux 2.7 Dubbelkajuit Raised Body Raider.

Shoprite en Checkers se Championship Boerewors moet ’n tradisionele boerewors wees en daar is streng riglyne vir die maak van die ware jakob.

Die vier fynproewerbeoordelaars - bekroonde restaurateur, Peter Veldsman; welbekende SA kosredakteur, Dorah Sitole; befaamde restauranteienaar, Reuben Riffel; en Sunday Times Sjef van die Jaar, Arnold Tanzer – sal met hul koskundigheid vir Nataniël, vermaaklikheidster en die Suid-Afrikaanse Sjefsvereniging bystaan.

Ongeveer 80 streeksuitdunne sal by uitgesoekte winkels landwyd gehou word op Saterdae 15, 22 en 29 Augustus. Wenners van die streeksuitdunne sal meeding in tien provinsiale rondes op 19 September.

Die Grand Finale is op 3 Oktober in Sun City op waar al tien provinsiale finaliste sake sal uitspook om te bepaal wie wegloop met die gesogte Boerewors-kroon. Finaliste word na Sun City geneem en kaartjies na Skouspel en verblyf is deel van hulle prys as finalis.

Kry inskrywingsvorms by enige Shoprite, Checkers of Checkers Hyper vleismarkte of aanlyn by www.championshipboere­ wors.co.za. Inskrywings sluit op 10 Julie.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za