Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkeerde opsies kelder Evergreens

Verkeerde opsies kelder Evergreens
 
2009-06-04


DIE klub van die Paarl, Evergreens Rugbyklub, het Saterdag op Evergreens Park ’n gulde geleentheid verspeel om as oorwinnaars van die veld te stap teen Never Despair van Malmesbury - een van die voorlopers in die President-liga van die Boland Rugby-unie.

Evergreens het met 3-8 vasgeval.

Alhoewel die toestande nie gunstig was nie en die veld sopnat was, het beide spanne hul goed van hul taak gekwyt deur skitterende rugby op te dis.

Never Despair het gedurende die eerste helfte met ’n strafskop geslaag asook ’n onverdoelde drie om met rustyd 8-0 voor te loop.

Met die aanbreek van die tweede helfte het Evergreens met elke bal probeer aanval, maar kon nie Never Despair se doellyn oorsteek nie. Never Despair het beďndruk met hul hegte verdediging.

Hoewel Evergreens se losskakel, Neil Julies, in die tweede helfte geslaag het met ’n strafskop, het die Paarliete talle geleenthede om punte aan te teken deur hul vingers laat glip as gevolg van swak oordeel en verkeerde opsies.

Vir Evergreens het Llewellyn Swartz, Kenneth de Beer, André Andries, Renier Muller en Granville Appolis uitgeblink. Swartz was welverdiend aangewys as die speler van die wedstryd.

Evergreens II het 7-5 geseëvier en die derde span het 0-24 verloor.

Evergreens speel komende Saterdag weg teen Samoa van Moorreesburg.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za