Stars wil speel, maar Oceans lê laag
2009-06-04
’N BAIE belangrike liga-wedstryd van die Boland Rugby-unie wat Saterdag tussen Young Stars en Oceans United moes plaasvind, is afgelas deur Wellington Sone Rugby-unie se voorsitter. In die betrokke voorval het Young Stars na Oceans gereis vir hul geskeduleerde wedstryd. Met die besoekers se aankoms om 14:40, was daar geen spelers van Oceans in sig nie. Stars se B-span het in elk geval gaan tok, aangesien hul wedstryd om 14:45 sou afskop. Met Stars se spelers 15:00 op die veld, het die tuisspan se B-span eers om 15:15 hul verskyning op die veld gemaak, met die gevolg dat die wedstryd slegs as vriendskaplik gespeel is. Stars B het 20-0 gewen. Die A-span wedstryd het egter glad nie plaasgevind nie aangesien die skeidsregter nooit opgedaag het nie. Die sone-voorsitter is toe gekontak waarna hy sy weg na die veld gemaak het, waar hy beslis het dat die tuisspan in dié geval ’n skeidsregter moet aanwys. Stars se afrigter sê toe vir die aangewese skeidsregter dat, indien hy nie ’n geregistreerde skeidsregter is nie, dat Stars se manne nie gaan speel nie, met die gevolg dat die skeidsregter die wedstryd afgeblaas het. * Young Stars se netbalspanne het ook sukses geproe. Die A-span het 22-4 gewen en die B-span het 29-8 gewen.
More
News
|