DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) nooi almal uit om deel te wees van die eerste Relay for Life in die Paarl.
Relay for Life verteenwoordig die hoop dat diegene wat die stryd teen kanker verloor het, nooit vergeet sal word nie, dat diegene wat kanker in die gesig staar, ondersteun sal word en dat kanker eendag oorwin sal word.
In Suid-Afrika het 45 gemeenskappe reeds Relay for Life komitees op die been gebring.
Dit is 地 prettige deurnag, spangeleentheid wat die bewusmaking van kanker verhoog en ook baie nodige fondse insamel wat benodig word vir die stryd teen kanker.
Die gebeurtenis word gedryf deur vrywilligers en is die eiendom van die gemeenskap.
Dit is 地 unieke gebeurtenis wat aan elkeen in die gemeenskap die geleentheid bied om deel te neem aan die stryd teen kanker.
Tydens die Relay verbind spanne van 10 tot 15 vriende, bure, families of medewerkers en werk saam as 地 span om geld in te samel.
地 Geskikte plek met 地 baan word gekies waar die aflosstryd aangebied gaan word. Spanne slaan kamp op rondom die baan voordat die geleentheid deur die roerende Oorlewendes Ere-ronde geopen word.
Ten minste een lid van elke span moet dan te alle tye reg deur die nag om die baan stap (lede kan beurte neem), want kanker slaap nooit nie.
Na sonsondergang word kerse in luminaria-sakke reg rondom die baan aangesteek en almal vergader dan om hulde te bring en diegene te onthou wat die stryd teen kanker verloor het, om diegene wat kanker onder lede het te ondersteun en saam te juig met hulle wat die epidemie oorwin het.
Gedurende die nag en die volgende dag geniet almal die vermaak, die pret en die kameraderie in 地 feestelike atmosfeer.
Elke gemeenskap se Relay for Life is spesiaal en is deel van 地 nasionale- en internasionale beweging in die stryd teen kanker. Die Relay word vroeg in volgende jaar plaaslik gehou.
Vir meer inligting en om betrokke te raak by die Relay for Life, kontak Alta Falck by 082-9728-745.