Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoonhede onthaal gaste

Skoonhede onthaal gaste
 
2009-06-04


DIE semi-finaliste van Miss Winelands 2009 het Vrydagaand hul eerste groot toets deurstaan toe hulle ’n skemerkelkie-onthaal gehou het waar elkeen gaste moes nooi, ’n tafel moes versier en eetgoedjies moes voorsien.

Die deelnemers het gesorg vir ’n baie suksesvolle aand.

Die verteenwoordiger van Miqlat Bowy House het ’n baie insiggewende aanbieding gedoen oor hul werksaamhede en die behoeftes van die huis en die kinders.

Die volgende dag het die deelnemers van Miss Winelands Teen 2009 ook hulle eerste vuurdoop gehad.

Die deelnemers en hul mammas het hulself oortref met ’n tee wat aangebied is vir 80 gaste.

Die tafels was stylvol en die meisies het hulle met passie en entoesiasme van hul taak gekwyt.

Hulle het almal deurgedring tot die eindronde van Miss Winelands Teen 2009.

Die finaliste in albei kategorië word Vrydag 19 Junie om 17:30 in Paarl Mall aangekondig.

Die twee deelnemers wat as die “people’s choice” gekies is, se name sal ook aangekondig word en elkeen sal ’n spesiale prys ontvang.

Die publiek word uitgenooi om die geleentheid by te woon en die afskop van die finaliste se amptelike fondsinsameling saam met hulle te vier.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za