Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Misdadigers nou vasgevat by Boschenmeer

Misdadigers nou vasgevat by Boschenmeer
 
2009-06-04

Lise Beyers

DIE spog gholflandgoed, Boschenmeer, word die afgelope maande erg geteister deur huisbrake.

Die afgelope week alleen is daar by ten minste vier gevalle van diefstal hié gerapporteer.

Toegang tot die wonings word dikwels verkry deur óf oop vensters, óf oop deure. Veral skootrekenaars, kameras, juweliersware en selfone word geteiken.

Landgoedbestuurder Carel van der Merwe, het gesê dat die bestuur besig is om die probleem by die horings aan te pak.

“Hierdie is ’n baie knellende probleem. By nadere ondersoek het ons vasgestel dat diewe nie toegang tot die landgoed verkry oor die muur nie, want ons het baie effektiewe elektriese bedrading asook kameras rondom die gebied.

“Boschenmeer se sekuriteitstandaarde is van die hoogste en aktiwiteite word 24 uur van die dag gemonitor. Ons is in die gevorderde stadium van ’n proses om ons hele sekuriteitsisteem verder op te gradeer.”

Van der Merwe het bygevoeg dat talle werkers van kontrakteurs daagliks maklike toegang tot Boschenmeer kry, maar dit gaan binnekort iets van die verlede wees.

“Ons nuwe sekuriteitsisteem sal kontrakwerkers dwing om polisieklaring te verkry om toegang tot die perseel te hê. Elkeen se duimafdrukke sal geneem word en gestoor word. Spesifieke afsprake sal vooraf gemaak word voordat ander werkers of afleweraars hiér toegelaat word.

“Strenger maatreëls sal toegepas word by ons ingangbeheer, maar terselfdertyd sal huiseienaars nie benadeel word nie.”

Die volle oorgang sal word met al die huiseienaars van Boschenmeer bespreek, om hulle bewus te maak van wat van hulle verwag word.

Alhoewel die landgoed alles in hul vermoë doen om die perseel te beveilig, word daar ook van inwoners verwag om meer paraat te wees.

“Deure in vensters word oopgelaat en eintlik word daar nie in gebreek nie, maar diewe kry eenvoudig maklike toegang tot wonings.

“Dus maak ons staat op die die samewerking van huiseienaars.”

* The security system at the golf estate, Boschenmeer, is being upgraded to prevent burglars from striking there.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za