Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel kou harde bene

Pniel kou harde bene
 
2009-06-04


IN ’n baie opwindende wedstryd, wat by tye sprankelrugby opgelewer het, het Bellville hul besoekers van Pniel oortuigend met 38-12 geklop.

Die grondslag vir die oorwinning was reeds in die eerste dertig minute van die wedstryd gelê toe die tuisspan drie puik drieë binne tien minute gedruk het, waarvan een verdoel was, om die telling op 19-0 te staan te bring. Dit was ook die rustydtelling.

Die voormalige Stormers en Springbok slot van Bellville, Quinton Davids, het vir die eerste opwinding van die tweede helfte gesorg toe hy vanaf die besoekers se twee-en-twintig meter lyn deur gestorm het vir ’n goeie drie. In die proses het hy vier verdedigers uit die pad geloop op pad na die doellyn.

Swak verdediging was weereens die groot turksvy van die Pniel-manne en ’n verdere drie vyfpunters het die telling op 38-0 te staan gebring.

Pniel het egter nie moed opgegee nie en het self sterk geëindig deur twee drieë aan te teken, waarvan een verdoel was.

Vir die verloorspan het niemand harder probeer nie as die haker Fernando Adams. Hy was ’n yster op die aanval asook die verdediging en was goed ondersteun deur Clyde Rose en Radley Lackay. Laasgenoemde twee spelers het self ’n barshou gespeel, met Edwin Meyer wat goed verdedig het. Meyer het drie sekere drieë verhoed met rotsvaste verdediging.

Puntemakers vir Pniel was Earl Cyster en Kirwin Cyster (1 drie elk) en Andrew ‘Koos’ Anthony (1 doelskop).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za