Paarl Amfiteater skud vere reg
2005-08-18
DIE grootste skouspel nog in die 30 jaar van die Amfiteater gaan hierdie Desember op Paarlberg plaasvind. Met meer as 1500 kaartjies wat binne die eerste week reeds verkoop is, moet Paarliete gou spring vir sitplek.
Op Saterdag 3 Desember is die Simon&Garfunkel konsert met die top sangduo Coleske. Die vertoning sluit al die grootste treffers van Simon& Garfunkel in.
Selfs Art Garfunkel was een van die 60 000 konsertgangers wat al die vertonings van Coleske bygewoon het en sy stempel van goedkeuring verleen het.
Die optrede in Paarl sal ook die eerste keer wees wat dat hulle met 地 volle orkes in die Kaap optree.
Op Sondag 4 Desember vind 地 besonderse Kerskonsert met Jannie Moolman, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Mathys Roets plaas.
Op Saterdag 10 Desember is Drie van die Bestes terug met 地 nuwe konsert wat al hul bekendste treffers en 地 paar nuwe verwerkings insluit.
Mathys Roets, Danie Niehaus en Kevin Leo sal saam met 地 sesstuk-orkes vir puik vermaak sorg.
Op Vrydag 23 Desember word die Desember-program afgesluit met die grootste Afrikaanse skouspel ooit.
Afrikiti spog met sterre soos Soli Philander, Nina Swart, Sibongile Khumalo, Rina Hugo en Hi 5.
Die kos en wynstalletjies is reeds van 17:00 oop.
Om seker te maak dat jy jou kaartjies vir hierdie grootse geleenthede kry, skakel sommer dadelik 872-1002 of besoek De Oude Paarl Hotel om jou sitplek te bespreek.
More
News
|