Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vioollegende by kamermusiekfees

Vioollegende by kamermusiekfees
 
2009-06-04


DIE sesde Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees vind vanaf 3 tot 12 Julie plaas.

Dit is die enigste fees in Afrika waar daar van kamermusiek gebruik gemaak word om ’n liefde en aanvoeling vir klassieke musiek te kweek deur middel van intensiewe onderrig, publieke meesterklasse en uitvoerings.

Ongeveer 200 studente, grotendeels Suid-Afrikaners, tussen die ouderdomme van 12 en 28 jaar, word in sowat 55 kamermusiekgroepe verdeel, terwyl hulle terselfdertyd in die Feessimfonie-orkes of die Feeskonsertorkes, albei gedirigeer deur ’n internasionale dirigent, verskeie konserte speel.

Vanjaar is hulle bevoorreg om die 86-jarige Israeliese vioollegende, Ivry Gitlis, by die fees te verwelkom om sy kundigheid en ondervinding te deel. Bekende SA vermaaklikheidspersoonlikheid, Nataniël, sal sy eie kleur gee aan sy vertellerstekste.

Konsertbesprekings kan deur Computicket (Shoprite/Checkers) gedoen word. ’n Feeskaartjie, wat goedkoper toegang tot al die feesaktiwiteite bied, kan op die webtuiste www.su.ac.za/chambermusicfestival aangekoop word.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za