Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vermaak vir kleinspan by Ou Meul

Vermaak vir kleinspan by Ou Meul
 
2009-06-04


DIE skreeusnaakse Sneeuwitjie en die Sewe Dwerge is Saterdag om 10:00 te sien by die Ou Meul-teater.

Ligte, poppe, klankeffekte en sy gebruiklike doen-dit-self talente word ten toon gestel om Sneeuwitjie en die sewe dwerge te red van die nare Koningin en haar praatsieke spieël.

Daar is ook sprake van ’n Prins, as die Koningin hom nie reeds uitgesorteer het nie.

Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie?

Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman, wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het, nie net by Kunstefeeste nie, maar ook by skole.

Kaartjies vir die produksie is R35. Ouers wat hul kleinspan bietjie wil bederf kan bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur gerus ’n epos na vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za