KOOS KOMBUIS is Saterdag 13 Junie in die Paarl en tree om 20:00 in die Ou Meul-teater op.
Koos bring ’n handvol nuwe liedjies saam, ook ou liedjies met nuwe baadjies aan en gunstelinge soos Lisa se Klavier.
Met sy glasie rooiwyn, sy kitaar en sy liedjies, kan hy jou tegelyk laat huil en lag.
Satiries, spontaan en soms ook sagkens liefdevol; dit alles is Koos Kombuis. En dit kry hy ná al die jare steeds reg met presies dieselfde vyf of ses akkoorde wat hy sedert 1989 met groot sukses gebruik sonder om ooit heeltemal dieselfde te klink.
Kaartjies is R80 per persoon.
Om die aand in Koos se geselskap te geniet, bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur gerus ’n epos na vstem met@gmail.com.