Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geskool om besigheid te begin

Geskool om besigheid te begin
 
2009-06-11

Sieb Sieberhagen

OP ’n baie jong ouderdom het Ralph Hartzenberg van Wellington reeds met die skrynwerkersbedryf kennis gemaak en noudat hy spog met ’n sertifikaat om ’n nuwe besigheid se wiele aan die rol te sit, is hy vuur en vlam.

Hy is een van 14 ander Paarliete wat onlangs die nuwe besigheidskursus, wat deur die diensteleweringseta georganiseer is, voltooi het.

Die kursus is deur die Entrepreneur Business School in die Paarl stadsaal aangebied.

’n Totaal van 256 mense uit voorheen agtergeblewe gemeenskappe het onlangs hulle sertifikate ontvang. Ongeveer 75% van hulle is reeds aktief besig om hulle eie besighede te bedryf.

“Ek het maar toevallig van die kursus gehoor nadat dit reeds begin het. Ek was baie gelukkig om nog deel daarvan te kon word. Ons het elke Woensdag, vir ’n jaar lank, die kursus gedoen.

“Dit was baie intens, maar ek het baie geleer en kan dit nou met sukses aanwend,” sê hy.

Hartzenberg het reeds sy eie besigheid, RG Furniture Design, geregistreer en spits hom toe op ingeboude kaste en kleiner meubels soos koffietafels, rakke en kroegstoele.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za