Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Al swemmende

Al swemmende
 
2009-06-11


VRYDAGAAND, op pad terug vanaf Kaapstad, sien ek met groot verbasing dat die Wemmershoekdam gedurende die voorspelde harde neerslae tot reg teenaan die Huguenotstasie uitgebrei het.

Ek herinner my daaraan dat ek al menigmaal gesien het, veral ná swaar reënbuie gedurende die dag, hoe terugkerende pendelaars deur byna knie-diep water moes waad om hul geparkeerde motors te bereik.

Dit gebeur veral gedurende ons lang wintermaande en ek het al baie gewonder wat ons geëerde stadvaders- en moeders beplan om die netelige probleem aan te spreek - of is dit dalk ’n manier om die pendelaars te probeer oorreed om eerder hul werkkrag in ons geliefde dorp aan te wend in plaas van “Daar Voor” in die Kaap?

Ek sien geleentheid vir plaaslike werkskepping (parkeerarea-sekuriteit en geldinsameling per parkeerkoepon natuurlik) en verklaar myself bereidwillig om te help sodat die situasie winsgewend opgelos kan word.

Dit kan seker nie so moeilik wees om ’n ordentlike en veilige parkeerplek teen nominale betaling vir ons hardwerkende pendelaars in te rig nie. Of hoe, Spoornet?

Abie Martin




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za