Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Lig loop waar jy koop

Lig loop waar jy koop
 
2009-06-11


VERBRUIKERS moet maar lig loop vir waar goed gekoop word.

Maak seker dat jy ’n strokie kry wanneer jy iets koop en vra sommer of jy ’n waarborg kry. Die meeste plaaslike winkels, glo ek, sal dit met graagte vir jou gee.

’n Vriend van my se seun het nou die dag so ’n stel afgetrap. Dié jongman wou graag ’n nuwerwetse paar tekkies aanskaf, omdat sy vriende dit glo as “cool” sou beskou.

En die prys was glo reg as jy dit by daai winkel op die hoek koop.

En wat gebeur toe? Binne ’n maand het die skoene uitmekaar begin val en die sole is deurgeloop. En van kla en omruil het daar niks gekom nie.

Die winkeleienaar wou van niks weet nie. Dit het ’n mens nou van goedkoop koop waar jy nie ’n waarborg kry nie.

Wees gewaarsku




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za