Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Publiek word mislei deur hierdie bewerings

Publiek word mislei deur hierdie bewerings
 
2009-06-11


EK reageer graag op die brief van Deetlefs du Toit gedateer 4 Junie 2009 (“Drakenstein – inwoners word bevark”).

Die gewese raadslid, ’n agterbanker in die provinsiale parlement waar hy nie net kan opspring en onsin praat nie, gebruik nou weereens die Paarl Post om die publiek onder ’n wanindruk te bring.

Laat my net toe om meer volledig op Deetlefs du Toit se stelling te reageer.

Ja, die begroting is deur die meerderheid van die Raad goedgekeur. By die vergadering is die eiendomsbelastingverhogings verduidelik en met syfers gestaaf om te verduidelik hoe die gemiddelde 7,5% verhoging bereken is.

Die totale inkomste uit eiendomsbelasting het wel gegroei met sowat 20%. Dit is as gevolg van ’n gemiddelde verhoging van sowat 7,5 % in eiendomsbelasting op huidige eiendomme en die res van nuwe eiendomme, sowel as deeltiteleiendomme wat nou individueel belas word volgens wetgewing.

Die Direkteur van Finansies, mnr Cavin Petersen, het in die Raadsvergadering op 27 Mei die volledige berekenings deurgegee.

Sommige huiseienaars sal meer as die gemiddelde 7,5% verhoging betaal (terwyl ander minder gaan betaal) weens die herwaardasie van eiendomme teen markwaarde.

Wat die elektrisiteitstariewe betref, was die aanduiding tydens die voorlopige begroting dat elektrisiteitstariewe met 25% sou verhoog.

Intussen het Nasionale Tesourie aanbeveel dat munisipaliteite tariefverhogings van 34% in hul begroting in ag moet neem. Drakenstein het egter sy tariewe verhoog met slegs 31% (minder as Kaapstad se verhoging van 34%).

Die ANC is simpatiek met die moeilike finansiële posisie waarin die publiek hulle bevind en is besig om maniere te vind om inwoners se las te verlig.

Terloops, die skrywer wat praat van drank wat bedien is ná die Raadsvergadering: daar is geen alkoholiese drank bedien nie.

JT Basson - Portefeuljehouer

Finansies Drakenstein




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za