Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bejaarde aangeval

Bejaarde aangeval
 
2009-06-11


’n SEWENTIGJARIGE vrou is gisteroggend deur twee mans op ’n plaas noord van Wellington aangeval.

Bettie Hasler was omstreeks 09:30 alleen tuis op Mooiuitsig-plaas, toe sy deur twee mans oorrompel is.

Hulle het op geld aangedring en vir haar van kamer na kamer geneem op soek na kontant.

Haar hande en bene is later vasgebind en haar mond is toegestop. Die mans het hierna gevlug met verskeie elektroniese toestelle.

Hasler het daarin geslaag om haarself los te wikkel en het die polisie ontbied.

Alhoewel sy erg geskok is deur die voorval, is sy fisies ongedeerd gelaat.

Die polisie ondersoek alle leidrade wat vir hulle kan lei na die voortvlugtiges.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za