Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


ACVV stel webwerf bekend

ACVV stel webwerf bekend
 
2009-06-11


DIE ACVV se webwerf, www.acvv.org.za, is verlede week tydens ’n gesamentlike jaarvergadering van die drie ACVV-takke in die Paarl bekend gestel.

Anneline Oberholzer, streekskonsultant Bemarking en Bestuur van die ACVV, het die bekendstelling gedoen.

Die webwerf is in Afrikaans en Engels en al die werksaamhede van die ACVV in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap word daarop uiteengesit, sê Maria Kirsten, voorsitter van die Paarl-Valleitak.

Ds Johan Symington, wat tydens die vergadering opgetree het as spreker, sê dat die situasie in Suid-Afrika nou heeltemal anders lyk as net meer as 100 jaar gelede toe die ACVV gestig is, maar die redding van ’n nasie lê nog steeds grotendeels by vroue.

“Ons leef in ’n tyd van geweldige oorgang binne en buite ons land en daarom dink ons daar is chaos, maar vrouens moet gestalte gee aan ’n nuwe samelewing.

“Die fisiese en emosionele versorging van mense is baie belangrik sodat die aspoestertjies van die lewe gehelp kan word. Christene moet ’n moraal vestig dat die naaste net so belangrik is as ekself,” sê hy.

Nog ’n spreker, ds Eddie Orsmond van Simondium, sê die jaarverslae wys die ACVV se werk in die Paarl maak ’n verskil in die gemeenskap. Dié welsynsorganisasie is betrokke by die bestuur van bewaarskole en ouetehuise in die streek, asook algemene welsynswerk met die hulp van maatskaplike werkers.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za