Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wilde jaery op plaaslike paaie

Wilde jaery op plaaslike paaie
 
2009-06-11

Lise Beyers

’n TAXI-BESTUURDER is Maandagmiddag beseer, toe hy sy taxi vanaf Jan van Riebeeckrylaan na veiligheid wou stoot.

Die taxi het ongeveer 16:30 onklaar geraak naby Vanwyksvlei. Leonard Fredericks en Ashley Baatjies het die voertuig uit die pad probeer stoot, toe ’n blou VW Golf in hulle ingeploeg het.

Hierna het nog ’n voertuig teen die Golf vasgery.

Fredericks het veelvuldige beenbreuke opgedoen en daar word gevrees dat hy nie weer die gebruik van sy linkerbeen sal hê nie.

Ashley Baatjies het ook ’n beenbesering opgedoen.

Die saak word deur die polisie ondersoek.

* Maandagmiddag is twee voetgangers ook beseer, nadat ’n motor in Drommedarisstraat in hulle vasgery het.

Sikhululwe Gogela het ernstige beserings opgedoen, toe hy die motor se voorruit getref het.

Die bestuurder van die motor het vermoedelik onder die invloed van drank bestuur en is weggeneem vir bloedtoetse.

Kort nadat hierdie ongeluk plaasgevind het, het ’n bakkie wat by die toneel aangekom het, neus eerste in ’n sloot ingery, nadat verkeersbeamptes vir hom gesê het om terug te draai. Niemand is hier beseer nie.

* Various people were injured in vehicle accidents on Monday.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za