Sendingverlede bekyk
2009-06-11
Engela Duvenage
DIE kulturele waarde van die Sendingversameling in die Wellington Museum kom onder die vergrootglas wanneer die Vriende van Wellington byeenkom op Donderdag 18 Junie. Die spreker by die geleentheid is Louis Botha, afgetrede dosent in antropologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) en die voormalige kurator van die antropologieversameling in die US Kunsmuseum. “Die versameling se besonderse waarde lę daarin dat dit outentieke materiaal uit Afrika bevat, waarvan heelwat items deesdae glad nie meer in gebruik is nie, weens onder meer verwestering en globalisering,” vertel Botha. Dit sluit onder meer ’n musiekinstrument soortgelyk aan ’n panfluit in, wat voor die 1930’s nog deur die Shona- en Kurungag roepe bespeel is. Die artefakte wat uitgestal word, is alles ingesamel in die veld deur oudstudente van die destydse Sendinginstituut op Wellington en is gebruik om ander studente vertroud te maak met die onderskeie groepe waaronder hulle sou gaan sendingwerk doen. Die Sendinginstituut is deur ds Andrew Murray geďnisieer, en is in 1877 op die been gebring as opleidingsentrum vir sendelinge en sendingonderwysers. Dit het sy deure in 1962 gesluit nadat 566 studente gelegitimeer is. Oudstudente het onder meer in Lesotho, Nigerië, Malawi, Zambië, Zimbabwe, Botswana en Swaziland gewerk. Die versameling is in 1995 aan die museum geskenk. Gebruiksartikels van onder meer die Thembu-, Mpondo-, Zoeloe-, Shona-, Swazi- en Chewagroepe, asook die Tiv van Nigerië, word uitgestal. Dit sluit onder meer musiekinstrumente en gebruiksartikels, weef- en leerartikels asook besonderse kralewerk en kunstige erdewerk in. Daarby is daar ook heelwat ou foto’s van studente wat by die Instituut opleiding ontvang het, asook ’n plakkaat oor “Onze buitenlandsche Zendelinge” wat onder meer in die Soedan en die destydse “Mashonaland, Nyasaland en Bechuanaland” gewerk het. Die permanente uitstalling is by die Wellington Museum te sien, tesame met ander uitstallings oor onder meer die natuur- en prehistoriese geskiedenis van Wellington en die lewe van ds Andrew Murray, stigter van die destydse Sendinginstituut.
More
News
|