Vrouedag
2005-08-18
’n BLAASKANSIE spesiaal vir vroue vind op Vrydag 26 Augustus by die Meerhof-kelder buite Riebeeck-Kasteel plaas met Landbouweekblad en Sanlam se vroue-oggend.
Wilma Howells, bekende vryskut-stilis en handwerkkenner, gaan wys hoe jy jou eettafel met artikels uit jou omgewing op die plaas kan tooi. Elke vrou sal ’n geskenkpak ontvang waarmee sy tuis haar eie versierings kan maak.
Adv Kobus Engelbrecht, bemarkingshoof van Sanlam Cobalt, gaan die begrip holistiese finansiële beplanning toelig.
Die bekende skrywer Riana Scheepers wat sélf deesdae boer, sal verrigtinge ophelder met vertellings oor haar wedervarings op die plaas.
Die program begin om 09:00 en behoort teen 14:00 ten einde te loop. Bel Linda van Staaden by 406-2296 om jou plek te verseker. Kaartjies kos R80.
More
News
|