Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vra Projek Optel om jou te help

Vra Projek Optel om jou te help
 
2009-06-11


IN 2008 het Toringkerk en Monte Christo Ministries hande gevat om ’n bediening tot stand te bring wat die holistiese bediening van die haweloses sal verseker en so ook die dorp skoon sal maak.

Projek Optel het amptelik op 18 Mei begin en fokus daarop om desperate persone te help om eerlike “kontant in die hand” te verdien om te oorleef en om ’n standvastige werk in die gewone werksmark te vind.

Dit is ’n bydrae tot ’n keuse vir die lewe en tot die stryd teen aggressiewe bedelary, roof en verwante misdade.

Daar is tans een skof op ’n Maandag en ’n halwe skof met drie persone op ’n Woensdag.

Daar word beoog om ses dae ’n week meer as een skof te organiseer om sodoende meer mense blootstelling te gee en die kans om ’n inkomste te verdien.

Vaste toesighouers bestuur die werksaamhede. As verteenwoordigers van straatwerk dra hulle die volle verantwoordelikheid vir die diens wat deur die projek gelewer word.

Die gereelde arbeid word deur ad hoc werkers in skofte van vier uur verrig op ’n roteerbasis waardeur elke gewillige en bekwame persoon ’n regverdige geleentheid gegun word om ’n skofloon te verdien en homself te bewys.

Elke skofspan word deur ’n bekwame toonaangewer-voorman gelei.

Die koste (skoflone plus 15% administrasie op die lone plus die koste van toerusting) word deur die kliënt gedra aan wie die diens gelewer word.

Die beskikbaarheid van arbeiders is gewaarborg deurdat afwagtende skofwerkers die plek inneem van ’n werker wat nie opdaag vir sy beurt in ’n skof nie.

Besighede en lede van die publiek kan Projek Optel vra om te help met skoonmaakwerk. Kostes beloop R270 vir ses persone vir vier ure. Kontak 021-872-1179.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za