Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koos Kombuis kook

Koos Kombuis kook
 
2009-06-11


KOOS KOMBUIS is Saterdag in die dorp en tree om 20:00 in die Ou Meul-teater op.

Koos is is nie net bekend vir sy musiek talent nie hy skryf ook graag boeke en het reeds verskeie gedigte geskryf.

Koos bring ’n handvol nuwe liedjies saam, ook ou liedjies met nuwe baadjies aan en gunstelinge soos Lisa se Klavier.

Met sy glasie rooiwyn, sy kitaar en sy liedjies, kan hy jou tegelyk laat huil en lag.

Satiries, spontaan en soms ook sagkens liefdevol; dit alles is Koos Kombuis. En dit kry hy ná al die jare steeds reg met presies dieselfde vyf of ses akkoorde wat hy sedert 1989 met groot sukses gebruik sonder om ooit heeltemal dieselfde te klink.

Kaartjies is R80 per persoon.

Om die aand in Koos se geselskap te geniet, bespreek by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of stuur gerus ’n epos na vstem­ met@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za