Rugbyklubs in die Paarl span saam
2009-06-11
GESKIEDENIS gaan gemaak word op 16 Junie wanneer twee gekombineerde senior spanne van die Paarl, asook twee gekombineerde o.20-spanne, te Faurestraat-stadion in aksie gaan wees. Dié spanne sal saamgestel word uit alle rugbyklubs in die Paarl wat hul rugby onder WPRFU speel, behalwe Young Peoples se senior spelers, wat nie in aanmerking geneem is nie. Die gekombineerde Paarl Streekspan sal in aksie wees teen streekspanne vanuit ander streke wat onder die jurisdiksie van die WPRFU val. Alle streke sal in aksie wees. Streekwedstryde sal gespeel word met die uitsluitlike doel om spelers die geleentheid te gee om WPRFU-keurders te beďndruk met die oog op die kies van ’n Disa- en Amateur WP-span. Die senior gekombineerde Paarl Streekspan sal afgerig word deur Herman Andrews, Ivan Jacobs, Neil Fortuin en Randall Williams, met Ganief Dulvie en Peter Lackey as spanbestuurders. Groot verwagtinge word van die gekombineerde o.20-spanne, wat uit alle klubs van die Paarl bestaan, verwag, aangesien die o.20-spanne van Paarlklub vanjaar nog onoorwonne is. Die o.20-span van die Paarl Rugbystreek het ook verlede jaar die kompetisie gewen. Die o.20 span word afgerig deur Aslam Abrahams, Allan Alexander, Maahwyah Moerat, Davey de Kock en Trevor Pretorius, met Petrie Thiart en James Pedro wat as spanbestuurders aangewys is. Verrigtinge op 16 Junie begin om 09:00 die oggend met ’n afrigtingskliniek vir junior-spelers, waarna die o.20-spanne in aksie gaan wees. Dit sal gevolg word deur drie senior streekwedstryde. Die volgende spelers is in die oefengroep van die Paarl Streek, waaruit die finale spanne saamgestel sal word: Maxwell Williams, Andrew Jacobs, Daniel Kunene (almal van Allandale), Lee Blaine, Duwayne Corellisson, Cecil Thomson, Donny Fredericks, Gurswin Davids (Laer Paarl), Jerome Abrahams (Paarl United), Werner Pretorius, Christopher Mouwers, Gurshin Claasen, M Zwaan (Riverstones), Trevor Darries, Julian Mlangeni, Deon Samuels (Simondium), Ralph Raffety, Cluade Tabak (Young Gardens), Brandon van Schoor, Hennie Johnson, Linton Lewis (Young Standrads), Tyren Uren, Ashley Raubenheimer, Monrico Cornelissen (Violets), Shohail Moerat, Junat Moerat, Wanie Nackerdien, Adlee Moerat (Vineyards), Jaco Simonse, Wilfred Solomonse, Shane Simonse, Grandton Marinus, Mario Jacobs, Wayne Davids (Windmeul), Clive Samuel, Rayno van Wyk, Daruis Arendoff, Jaco Stander, Rudi Zanberg, Jacques Hendricks, Hennie Zanberg, Stefanus van der Merwe, Marc Arendse, Jonathan verhoog (Paarl Rugbyklub), Grant Paulse, Butch Green, Rodger Ruiters (Rangers) en Christopher Kajanda (Albions).
More
News
|