DIE Melktert Kommissie (DMK) met hul funky lirieke is terug met hulle derde aflewering van pure musiekgenot op Woensdag 24 Junie om 20:00 by die Breytenbach-sentrum op Wellington.
Vergewe en Vergeet is DMK se derde album binne net vyf jaar.
Die album bevat tien nuwe, oorspronklike snitte wat varieer van akoestiese rock tot blues en ballades.
Die lirieke gaan oor die liefde, geweld, die lewe - al die gebeure in hulle lewens in die laaste tyd soos die inbrake, die verlowing, die roem oor die jare en alledaagse dinge soos brood en melk koop.
Kaartjies is R70 en besprekings kan gedoen word by 021-873-2786.
Vir meer besonderhde besoek www.breytenbach sentrum.co.za.