Hofondersteuners gesoek
2005-08-18
'n INLIGTINGSESSIE word Maandag om 11:00 by Drakenstein Biblioteek in Paulusstraat, Paarl, gehou vir mense wat belangstel om hofondersteuners te word.
Dit word gereël deur Rapcan (Resources Aimed at the Prevention of Child Abuse and Neglect) 'n ne-regerings kinderregte-organisasie wat probeer seker maak dat die regte van kinders op alle vlakke beskerm word.
Die projek benodig opgeleide hofondersteuners wat op 'n nie-voltydse basis dienste lewer aan seksuele slagoffers. Daar word gesoek na belangstellendes wat oor die volgende karaktertrekke beskik: * Liefde vir kinders en 'n passie om met kinders te werk; * Goeie kommunikasie- en administratiewe vermoëns; * Moet onder druk kan werk en eie diskresie kan gebruik; * Spanwerker; * Vorige ondervinding met kinders sal 'n goeie aanbeveling wees; * Bereidwilligheid vir enige onbenullige take, soos kantoor skoonmaak, kos voorberei vir kinders.
Navrae kan gerig word aan Abigail Appels, 712-2330/1 (k/u).
More
News
|