DIE bekende sangeres Sonja Herholdt tree op Woensdag 24 Junie om 19:00 in Laerskool Noord-Eind se skoolsaal op.
Sonja is tans besig met ’n motiveringsveldtog om vroue te inspireer om hul volle potensiaal te bereik en hulself prakties en positief in hul omgewings te laat geld.
So bied Sonja op haar eie unieke manier Die Hartklop van Vrouwees aan - ’n uurlange musiekmotiveringsprogram.
Kaartjies om die geleentheid by te woon, is R100 per persoon en sluit ’n ligte ete in.
Besprekings kan gedoen word by Elsa by 084-205-7606 of Wehan by 072-945-3022 of belangstellendes kan die kantoor kontak by 021-863-2133.
Vir meer inligting oor die veldtog, besoek gerus www.sonjaherholdt.co.za.