Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kom wys jou talent

Kom wys jou talent
 
2009-06-11


TER viering van Jeugdag, bied die Breytenbach-sentrum Maandag 15 Junie om 20:00 ’n gratis Open Mic aand aan.

Hierdie gratis aande sal elke maand op ’n Maandag plaasvind, en watter beter datum om dit af te skop as op Jeugdag?

Almal is welkom en belangstellendes kan hulle kitare, stemme, lirieke en ander musiekinstrumente bring om saam met ons tot laataand te kuier. Alhoewel dié aande ’n definitiewe jazz en blues kwaliteit sal hê, is alle ander musiekstyle welkom.

Hierdie aande word in samewerking met die musikant Morne Meyer gehou. Morne het ’n studio by die Breytenbach-sentrum en bied klasse in kitaar, dromme, baskitaar, klawerbord en perkussie aan.

As jy wil kom saamspeel of net die aand wil bywoon, kontak Theo Kemp by 021-873-2786.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za