Violets en Vineyards deel punte
2009-06-11
DIE eerste rugbyspan van Violets het Saterdag gesukkel teen ’n fisieke Vineyards-span en moes uiteindelik tevrede wees met ’n 5-5 gelykop-uitslag. As gevolg van swak besluitneming kon die manne van Violets nie deur die swaar verdediging van Vineyards dring nie. Vineyards het eerste punte aangeteken deur middel van ’n onverdoelde drie. Laat in die tweede helfte het Violets ’n drie aangeteken deur Anthony Keyster, maar kon die maklike doelskop reg voor die pale nie verdoel nie. As Violets enigsins iets wil bereik dié seisoen, sal hulle die tweede ronde baie ernstiger moet benader. Violets se tweede span het 0-3 verloor en die derdes het gewen. Violets neem môre deel aan Young Peoples se Sewes-toernooi. Die dans by Charlies is gekanselleer.
More
News
|