Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blues eindig op hoë noot

Blues eindig op hoë noot
 
2009-06-11


LAER PAARL se eerste rugbyspan het in die eerste ronde van die Paarl Streekkompetisie op ’n hoë noot geëindig toe hulle met 39-0 afgereken het met Pêrel United.

In ’n wedstryd wat veral deur Laer Paarl (Blues) se agterlyn gedomineer was, was vyf van die wenspan se agt drieë deur agterlynspelers gedruk.

Die name van Lee Blane (heelagter, 2 drieë) en Bronwill Kika (vleuel, 1 drie) verdien spesiale melding vir hul skitterspel.

Met ses wedstryde gewen uit nege, is die Blues slaggereed vir die tweede ronde van die liga.

Die tweede span het met 30-5 geseëvier en die derde span het met 7-14 die knie gebuig.

* Blues hou Saterdag ’n hoenderbraai teen R25 ’n bord




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za