Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Newtons Rugbyklub speel gelykop

Newtons Rugbyklub speel gelykop
 
2009-06-11


IN ’n wegwedstryd te Gouda, het Newtons Rugbyklub en die tuisspan Temperance met 8-8 gelykop gespeel.

Newtons het net hulself te blameer vir dié uitslag, aangesien hulle deurentyd in beheer was van die wedstryd.

Newtons se voorspelers het die wedstryd, op die modderveld dikteer, maar kon slegs een keer deur die tuisspan se hegte verdediging dring.

Met rustyd was Newton nog met 8-3 voor ná ’n puik drie deur Jacquin Ruthford (agtsteman) en ’n strafdoel deur Etward Jansen (heelagter).

Ná rustyd kon Newtons, weens hul onfiksheid, nie die pas volhou nie en kon die gasheer die gelykmakende punte aanteken.

Newtons se uitblinkers was Juhain Williams (vleuel), Roderick Loverlott (haker) en Junaid Ahmed (slot).

* Newtons bied Saterdagaand om 19:00 ’n dinee aan in die Wellington stadsaal. Kostes is R60 per persoon.

Alle lede, oud-lede en ondersteuners word versoek om die fondsinsamelingspoging te ondersteun.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za