Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Standards lei, res volg

Standards lei, res volg
 
2009-06-11


TOE Standards Saterdag vir Windmeul United, die huidige Paarl Streekkampioene, op die Daljosafat-stadion geklop het, het die klub sowaar sy klubleuse gestand gedoen: “We lead, others follow”.

Met dié 22-13 oorwinning, het Standards seker gemaak dat hulle bo-aan die punteleer eindig, ná afloop van die eerste ronde van die Paarl Streekkompetisie.

Die wedstryd was gekenmerk deur goeie hardlooprugby - ’n benadering waarvoor Windmeul al bekendheid verwerf het oor die jare.

Sodoende het Windmeul ook eerste punte behaal deur middel van ’n strafdoel en ’n drie.

Standards, aan die ander kant, is bekend daarvoor dat hulle nie sommer gaan lê nie en het kort daarna geantwoord met ’n verdoelde strafdrie om die rustydtelling 7-8 te maak in Windmeul se guns.

Ná harde woorde rustyd deur Standards se afrigter, Marius van Zitters, en sy adjudant, Allan Alexander, het Standards dié wedstryd met meer vuur aangepak en sodoende die tweede helfte heeltemal oorheers.

Agterlangs het veral Conville Cleaophas beïndruk. Hy het een drie gedruk en geslaag met twee strafdoele en ’n doelskop.

Ruwaan Carollisen het ook ’n drie gedruk.

Standards se tweede span het 5-0 gewen en die derdes het 13-0 gewen.

* Standards het twee naweke gelede vir Young Gardens met 22-6 geklop.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za