Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sê dankie met nominasie

Sê dankie met nominasie
 
2005-08-18


IS daar ‘n Wellingtonner wie se onbaatsugtige diens tot die gemeenskap jy as uitstaande beskou? Nomineer dan die persoon as Wellingtonner van die Jaar.

Die Wellington Rapportryerskorps wag tans voorstelle in vir hierdie toekenning. Nominasies sluit op 3 September.

Die kriteria vir die toekenning is “uitsonderlike diens aan en betrokkenheid by die gemeenskap van Wellington”.

Oor die afgelope paar jaar is Wellingtonners soos Doepie Burger, Charl Tomlinson, dr Etienne Smit, Charlotte Slater, Herman Bailey, Charlotte Cupido, Esna Zietsman, PH Nortjé en dr Johan Mouton op hierdie wyse vereer.

Instansies soos die eertydse Onderwyskollege Boland, SA Droëvrugte-Koöp, Wellington Atletiekklub en die Wellington Rapportryers is ook beloon vir hul bydrae tot die dorp.

Dit staan enige Wellingtonner, of Wellingtonse instansies soos besighede, nie-regeringsorganisasie, skole of ander plaaslike organisasies vry om ‘n nominasie te maak.

Nominasies kan gestuur word aan Posbus 173, of Proteastraat 20, Wellington, of afgegee word by Proteastraat 20, Wellington.

Om die beoordelingsproses te vergemaklik, moet dit ‘n volledige motivering insluit van die kandidaat se diens aan en betrokkenheid by die gemeenskap.

Die dinee waartydens die toekenning oorhandig sal word, vind plaas op Woensdag 21 September. Die spreker by die geleentheid is die voorsitter van Naspers en Media24, Ton Vosloo.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za