* Is ek onnosel? Is dit dan nie eienaars se verantwoordelikheid om erfbelasting te betaal nie? Van wanneer af moet huurders dit doen? Cathy
* Die begraafplaas in die Boulevard was eers netjies, maar bergies neem weer oor. Wat gaan aan?
* Verwyder taxi’s uit Lady Greystraat, hulle bestuur soos varke, draai voor jou in. Wetstoepassers werk, hou op rond staan.
* Mevrou, weet jy jou man tel gereeld ’n prostituut op in Denneboom/Sonstraalpad? Soms met bakkies met plaas se naam op deur, soms met 4x4, Merc.
* Paarl Post se naam is eintlik Hollands, nie Engels nie! Maak vrede met die “nuwe” Hollands (= Afrikaans). M.
* How sad it is that physical violence makes men of boys. These well mannered men then continue the cycle. Is it okay to break the law as long as your manners are good?
* Jy wat leerders pak gee, slaan jy ook jou vrou? Seker net as sy ongehoorsaam is.
* If you can’t earn respect just beat it into the learners. Works every time.
* Pieter h jy’s 44 los die soekvrouplekke, ignoreer mense wat vir jou vrou, soek sy sal eendag doodnatuurlik oor jou pad kom as dit Gods wil is.
* Paarl polisie, julle laat my lag! Jul mors die belastingbetalers se geld met al jul eie ongelukke! Skrik wakker!!
* Oneffektiwiteit oral in Paarl! Wil spaarrekening oopmaak by poskantoor. Dame agter toonbank sê: “Sorry, I don’t know how”. Is jul nie opgelei vir jul poste nie?
* Waar gaan hoë belasting heen? Dorp maar vuilerig en siesa, strate vol gate, selfs dele van Paarl Hoofstraat.
* Ek was ook by Patriotplein-kliniek en daar klets een van werkers maklik driekwartier op die foon terwyl ek wag om gehelp te word. Betaal belastingbetaler, betaal.
* Hoe kan wynmakers met hul gewetens saamleef? In 2006 een wynmaker, 2007 nuwe wynmakers wat spog met toekenning vir 2006!
* Dis duidelik die polisie se bestuursvernuf kort baie aandag - soos hul soms powere diens.
* Bejaardes kan nie in ons strate stap om aktief te bly nie, daar kan nie gedraf word, kinders kan nie na winkels gaan nie - weens honde wat nie vas of agter heining is nie.
* Ai ai, weet die boere nie wat om met daai jagtende honde te maak nie? Julle weet mos onverantwoordelike hond- en kateienaars geniet voorkeur en julle moet self optree.
* Why does the Municipality not fine the owners in the area who do not have fencing to keep their pets at bay?
* Wat soek die modderwater uit Paarlberg in mense se erf, tuin, swembad en huis? En Drakenstein Munisipaliteit ontken boonop aanspreeklikheid terwyl hulle stormwaterstelsel verstop is.
* Miskien sal daar minder oorstsromings wees as mense minder mors.