EK reageer op die brief gedateer 4 Junie, wat handel oor ons skole. Dit is met ’n bly hart wat ek sien dat die platgetrapte heining by New Orleans Hoërskool nou weer trots regop staan en met hakiesdraad ook bo-op.
Dankie aan die hoof en personeel vir jul vinnige optrede en reaksie. Ek moet u die eer gee dat in hierdie tyd ek nie weer ’n leerling oor die heining sien spring het nie.
By Noorder-Paarl Hoërskool was die verskil ook duidelik sigbaar - baie minder kinders het tydens skooltye rondgehang. Ek sê vir u baie, baie dankie.
Soms het ons elkeen net ’n tikkie op die skouer nodig, om ons weer rigting te gee.