Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


UIF by Paarl-kantoor is 'n groot misoes

UIF by Paarl-kantoor is 'n groot misoes
 
2009-06-18


EK is al die laaste vyf maande werkloos en het geen vorm van inkomste nie. Ek het my werk op 23 Desember verlede jaar verloor en loop nou gevaar om alles te verloor.

Op 2 Februarie vanjaar het ek aansoek gedoen vir UIF te Paarl kantoor (hulle diens is glo flink en ek het daardie tyd by familie in Wellington gebly)

Die nodige dokumente (UI19, bankbesonderhede ens) is aan hulle gegee. Hulle het met geen dokumentasie fout gevind nie en die vorms ontvang en my verdere vorms laat teken.

Daar is gesê om die aansoek te verwerk neem agt weke. Ek moes aanmeld te hulle kantoor om te “kom teken” aan die einde van Maart – nodeloos om te sê daar was nog niks op hulle sisteem nie.

So moes ek weer op 29 April gaan teken. Daar is nog steeds niks op die stelsel nie. Dan is die UI19 uitstaande, ’n leuen, dan weer die bankbesonderhede, ’n leuen.

Elke tweede dag word gebel, mense bel jou nie terug nie, ek kry geen dokumentasie in die pos nie.

Die hoof van die kantoor, mev Leitch, bel ook nie terug nie. Jy kry net geen samewerking van enigiemand nie.

Jy hou gemiddeld 16 minute aan, word of afgesny, hulle kom nie terug na jou op die skakelbord nie of sny jou af.

Ek verlaat my nou op die media, want ek is radeloos.

Ek het selfs die Minister van Arbeid se mediakantoor per epos gekontak, maar kry geen inligting of reaksie van hulle nie.

Ek is tans onder skuldbestuur en hulle kan nie langer vir my uitstel kry nie. Ek staan nou ’n kans om my motor ook te verloor.

Ek het dringend die geld nodig en volgens wet is ek geregtig daarop.

Amanda Snyman

Aziza Leitch, Paarl-hoof van die Departement Arbeid, reageer: Nadat die klagte na my verwys is deur Paarl Post, en die regte bankbesonderhede verkry is, is die fondse dadelik uitbetaal aan Amanda Snyman.Inspekteurs kan verder ook op gesubsidieerde selnommers geskakel word: Gideon Abrahams 082 553 9050, Edwin Erasmus 079 874 3415, Babrah Mrali 083 632 7346, Eric Adams 083 677 9593, Rosslyn November 083 638 2386, Freddie Cupido 071 688 4531 of Michael Lefatsa 082 491 5376.Klagtes kan aangemeld word by twee toesighouers in ons kantoor: Gielie.Germishuizen@labour.gov.za of Eunice.Bomvana@labour.gov.za.Klagtes kan ook gerig word aan ons kantoor by 021- 872-2604/5/2020/2074. Klagtes kan ook verder na hoofkantoor aangestuur word na annalise.dutoit@labour.gov.za (stuur asb ’n afskrif aan die Paarlse toesighouers sodat ons kan opvolg).




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za