aDIE solo-uitstalling deur Jacolene de Haan, Kamma-Kamma, is vanaf 24 Junie by die Breytenbach-sentrum te sien.
Hierdie uitstalling is ’n kombinasie van potloodsketse en skilderye.
De Haan het reeds ’n hele paar solo-uitstallings agter haar naam sedert haar terugkeer uit Nederland waar sy dertien jaar gewoon het.
Terug in Suid-Afrika druk sy haar stempel af deur oomblikke uit die teater en vermaak met gevoel vas te vang.
Die werke uit hierdie versameling is almal geïnspireer deur kunstenaars, die teater en die sirkus. Die uitstalling duur tot 13 Julie.