Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Prinses Pippie en die skatkis vol geheime

Prinses Pippie en die skatkis vol geheime
 
2009-06-18


DIE kinderopvoering Prinses Pippie en die Skatkis Vol Geheime is Saterdag 27 Junie om 10:00 te sien by die Ou Meul-teater in die Paarl.

Die verstrooide Prinses Pippie is terug in ’n nuwe avontuur, en hierdie keer ontdek sy en haar teddiebeer, Meneer Claudius, ’n vreemde skatkis vol geheime!

Maar die skatkis is leeg, want Stina die Steler het reeds al die geheime gesteel en dit aan die bome in die donker bos opgehang.

Nou moet Prinses Pippie help, want anders is die Bewaarder van die Skatkis sy werk kwyt.

Gelukkig is Prinses Pippie nie meer so vreeslik skrikkerig vir alles nie... of is sy?

Ouers kan hul kinders neem om lekker saam te lag.

Hierdie is die elfde storie in Anna Emm Productions se kinderteater-reeks, Prinse en Prinsesse, en dit sal sekerlik sorg vir groot vermaak vir die jongspan.

Vir meer besonderhede, besoek www.AnnaEmm.co.za.

Kaartjies vir die produksie is R35 by Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za