DIE gewilde ATKV bustoer na Sutherland vind vanjaar plaas op 25 en 26 Julie.
Soos altyd, word daar op pad oor interessanthede gesels en Matjiesfontein word verken.
Op Sutherland kan dié wat belang stel die Louw-Huis Museum besoek (geboortehuis van NP van Wyk Louw en WEG Louw) asook die geskiedkundige klipkerk.
Ná aandete doen hulle ’n nagtoer en sterrekyk (afhangend van die weer) by die Sterrewag asook ’n dagtoer die Sondagoggend ná ontbyt, wat ’n besigtiging van die SALT-teleskoop insluit. Bespreek by Daan Spamer by 082-872-4958.