Hulp gesoek
2009-06-18
DIE polisie soek die hulp van die publiek om in aanraking te kom met die familie van Jeftha Hendricks. Hendricks is vanjaar op 26 April dood toe hy deur ’n voertuig getref is in Magnolia-straat, Paarl-Oos. Enigiemand wat kan help, kan vir sers Barry Noble skakel by 021-877-5900 of 076-062-7538. Familielede kan direk na die Paarl lykhuis gaan, agter die Paarl polisiestasie, om die liggaam uit te ken, of vir hulle skakel by 021-872-7649.
More
News
|