Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jongwyn kampioene moet naderstaan

Jongwyn kampioene moet naderstaan
 
2009-06-18


SPIEËLTJIE, spieëltjie aan die wand, wys ons die beste jongwyn in die land.

Die crème de la crème van die 2009-oesjaar sal mekaar die stryd aansê tydens vanjaar se SA Jongwynskou waar die spreekwoordelike koring van die kaf geskei en Suid-Afrika se top jongwyne aangewys word.

Inskrywings vir die kompetisie sluit op 24 Junie by die onderskeie streekswynskouverenigings en op 13 Julie by die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANW) – moet dus nie uitstel nie!

Jongwyne ding mee in 17 klasse. Die kategorieë vir witwyn sluit in Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, Ander Wit Kultivars, Droë Wit Versnitte, Effe Droë Witwyne en Edellaatoes.

In die kategorieë vir rooiwyne word trofeë toegeken vir die beste Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivars en Droë Rooi Versnitte. Ook die seisoen se voorste Port, Dessertwyn en Muskadel staan in lyn om geproe en waardig bevind te word vir die eretitel as 2009 se beste.

‘n Gedugte span gekwalifiseerde wynbeoordelaars sal in spesialis-panele die onderskeie wyne vanaf 27 tot 31 Julie by die Nederburg Veilingkompleks op die proef stel.

Die wenwyne word op 20 Augustus tydens ’n toekenningsmiddagete by Goudini Spa bekend gemaak.

Die SA Jongwynskou-katalogus en inskrywingsvorm is beskikbaar by www.youngwineshow.co.za. Kontak Elsabé Ferreira vir meer inligting by tel 021- 807-3104, faks 021-863-2079 of patricia@veritas.co.za.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za