Gimnaste presteer
2009-06-18
GIMNASTE van Wynland Gimnastiekklub het uitstekend gevaar tydens die pas-afgelope Boland proewe vir vlak 1 tot 3 Gimnaste, wat in die Paarl plaasgevind het. Dié gimnaste het medaljes verower, asook die span gehaal om Boland te verteenwoordig tydens die Wes-Kaap Kampioenskappe op 26 en 27 Junie te Somerset-Wes. Altesaam 23 gimnaste van Wynland Gimnastiekklub, van vlak 1 tot 3, is opgeneem in dié span. Die klub het altesaam 11 algehele medaljes en 41 apparaatmedaljes verower.
More
News
|