Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leeus brul in Boland

Leeus brul in Boland
 
2009-06-18

Sieb Sieberhagen

DAAR was verlede Vrydag groot opwinding by Simondium Primêr toe honderde kinders, onderwysers, ouers en rugby-ondersteuners saamgetrek het om lede van die Britse en Ierse Leeus rugbytoerspan te ontmoet.

Alhoewel net ’n handjievol van die toergroep uiteindelik opgedaag het, het dit nie die handtekeningjagters se entoesiasme gedemp nie.

Sekuriteitspersoneel het hulle hande vol gehad om die aanhangers van die spelers, wat bekendes soos Ronan O’Gara, David Wallace, Paul O’Connell en Shane Williams ingesluit het, weg te hou.

Dié besoek het tot gevolg dat dié skool nou spog met ’n nuwe rugbyveld, kleedkamer en kombuisgeriewe.

Dit is deel van die Leeus se rugby-nalatenskapsprojek wat in samewerking met die First Cape-wynlandgoed van stapel gestuur is.

Dié landgoed grens aan Simondium Primêr en hulle wyn is die amptelike wyn van die 2009 toergroep.

Die besluit oor die nuwe rugbyveld is in 2008 geneem en groot was die opwinding onder die o.9 en o.13 spelers toe die Leeus hulle met die fyner kunsies van rugby op die nuwe speelveld gehelp het.

Gerald Davies, toerbestuurder en voormalige Leeu van 1968, sê dat die First Cape Leeu-nalatenskap ’n positiewe effek op die kinders van Simondium gaan hê.

“Ons is baie bly dat ons deel kan wees van die nalatenskap. Die kinders sal dit vir altyd onthou,” sê hy.

* There was great excitement at Simondium Primary on Friday, when members of the British and Irish Lions rugby team visited the school.


More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za