Veldloopproewe in Pniel
2009-06-18
DIE Boland Provinsie se tweede veldloopproewe-byeenkoms van die seisoen word Saterdag op die sportterrein in Pniel aangebied deur die Dwarsrivier Atletiekklub. Die veldloop sal afskop met die wedloop vir senior mans oor 12km om 10:00. Vanaf 10:05 tot 14:15 volg die wedlope vir seuns en dogters van o.9 tot o.19, oor afstande wat wissel van 2km tot 8km. Om 12:20 is die senior vroue en meestermans (40+ en 50+) in aksie oor 8 km, gevolg deur die senior- en meestervroue (40+ en 50+) oor 4km om 13:55. Die senior mans sal om 14:45 in aksie wees oor 4km. Inskrywings kan op die oggend van die wedloop by die wegspring gedoen word vanaf 09:00. Kontak Nolan Hendon by 072-785-6529 met enige navrae.
More
News
|