Villagers seëvier in modderbad
2009-06-18
VILLAGERS RUGBYKLUB van Newton het Saterdag in ’n weg-wedstryd vir Wamakersvallei met 12-0 geklop. In ’n wedstryd wat gekenmerk is deur baie hanteerfoute, wou die wedstryd net nie aan die gang kom nie. Hoewel die gietende reën nie die balhantering vergemaklik het nie, het Villagers goed staatgemaak op sy voorspelers om die bal te dra. Nóg ’n voordeel vir Villagers, was hul ondersteuners wat bankvas agter hul span gestaan het. Villagers se puntemakers was Bjorn Hollenbach (1 drie en ’n doelskop) en Antony Pietersen (1 drie). Villagers se tweede span was ook aan die wenkant met 15-7. Eerskomende Saterdag speel Villagers tuis teen Counties op Newton.
More
News
|